Mittwoch, 15. Februar 2012

Lekker by die see.

Twee weke van rus en ontspan in Stilbaai en Jongensfontein.


Dienstag, 14. Februar 2012

By Elliott, Maryna, Vincent en Sebastian.

Heerlik om uit die Europese winter te ontsnap en dan die kuiers, warmte en sonskyn in SA te geniet.
Hierdie keer was die groot attraksie natuurlik ook die kleinseuns en hulle is pragtig.


 'n Ma maak 'n plan as twee babas gelyk moet drink.

 Oupa en Ouma het ook soms hulle hande vol gehad.


Freitag, 6. Januar 2012

Marco, Thomas en Michelle kuier.

So tussen Engeland en Suid-Afrika was daar darem nog 'n paar dae vir kleinkinders om te kuier.
Ouma se advendskalender het altyd iets lekkers.


 Kinders word te vinnig groot!
Marco
 Thomas
 Michelle
 Michelle het tog sulke mooi lang blonde hare!

Freitag, 18. November 2011

Kuier en wag in Engeland

In Engeland het ons gekuier en die hersfs geniet terwyl ons vir Amelie se koms gewag het.
Oupa, seun en kleinseun.
 Adrian word al 'n regte seuntjie, altyd vriendelik.
 Ouma sing Wielie Walie
 Concorde gaan kyk, 'n pragtige vliegtuig.
 Die herfs was pragtig.

Dienstag, 15. November 2011

Nog 'n kleinkind, hierdie keer PINK.

Alweer 'n pragtige kleinkind hierdie keer by Herman en Marda.
Dit is Amelie, 'n pragtige soet dogtertjie.
Lekker om Oupa en Ouma te wees. 
Baie fotos op Herman en Marda se Blog maar hier is sy ook.
 Dit was haar eerste glimlag.



Sonntag, 25. September 2011

Die tweeling

Wat ´n voorreg om tweeling kleinkinders te hê! Oupa en Ouma hoef nie eers beurte te maak om ´n klein wonderwerk vas te hou nie. Die seuntjies is pragtig, kerngesond en baie soet.
Daar is heelwat fotos op Maryna en Elliott se blog maar hier is ook ´n paar.












Donnerstag, 22. September 2011

Kaap en omgewing met Otto en Petro.

Ons kon darem nie heeldag met kleintjies op die arm sit nie en daarom het ons nog ´n paar lekker dae gehad om die natuur in die omgewing te geniet saam met Otto en Petro.
Veldblomme gaan kyk by Darling en Langebaan.





Sonskynweer op Kaappunt.