Freitag, 25. April 2008

Lente en tuinmaak

Heerlik as die Lente kom!
Blomme oorals en ons beleef nou ons nuwe tuin vir die eerste keer in die lente met heelwat verrassings maar ook baie werk om dit na ons sin te kry.
Die grond is baie maklik om te bewerk want dit is sanderig en dit was maklik om 'n nuwe bedding te maak en te beplant. Die grasperk het nog baie aandag nodig want die mos moet uitgeroei word sodat die gras kan groei.
Sommer net lekker om die blombome te sien en die weer begin ook al lekker word.

Doopnaweek by die Smitte

Die pragtige ou kerkie in Nootdorp waar Michelle gedoop is op die 6de April 2008
Daar was 'n mooi doopkoek en baie blomme en natuurlik ook genoeg eetgoed.
Maar die ster van die dag was Michelle, sy het pragtig gelyk en was baie soet.
Drie geslagte op een foto en almal moes 'n beurt kry om saam met Michelle op 'n foto te kom.
Oupa het ook sy beurt gekry.
En so lyk die hele Familie Smit, net baie moeilik om die seuntjies te laat stil sit. Van 20 fotos is daar darem 'n paar bruikbaar.