Sonntag, 25. September 2011
Donnerstag, 22. September 2011
Sonntag, 11. September 2011
Bad Bentheim se Schützenfest
Dit was ´n groot belewenis om te sien hoe die hele stad se mense vir meer as ´n week saam feesvier. Dit was ´n heerlike atmosfeer, die normale bedrywighede het tot stilstand gekom en dit is vervang met optogte, orkeste en partytjies deur die nag. Tussendeur was daar twee rusdae sodat almal weer kon reg wees vir die volgende feeste. Daar was selfs optogte met honderde mense en orkeste tussen 2 en 3 uur in die nag om van die een feestent na die ander een te skuif. Dit was baie vrolik en sonder enige onaangename insidente.
Deur al die saamdoen ken nou baie meer mense mekaar en daar is ´n heerlike samehorigheids gevoel. Vir die volgende 5 jaar sal nog baie oor die fees gepraat word en dan is almal reg om dit weer te doen. Ek sien nou al uit daarna. Tot die volgende fees kom die verskillende groepe minstens een keer per jaar bymekaar om saam iets lekkers te doen.
Hier enkele fotos wat ek geneem het.

Samstag, 3. September 2011
Bentheim word versier vir die Schützenfest
Bad Bentheim se inwoners is nou al drie maande besig met beplanning en die versiering van die hele stad vir die Schutzenfest. Die stad is in 43 wyke verdeel en elke wyk is verantwoordelik vir sy deel om dit mooi te maak en iets besonders te bou vir die geleentheid. Die werkery saam is baie gesellig, almal ken nou mekaar en daar word saam geeet en gedrink tot laat. Nou is al die voorbereidings klaar en nou kan die regtige fees begin.
Dit word net een keer elke 6 jaar gehou en is ´n 400-jaar oue tradisie. Sal ´n volgende keer iets vertel oor die fees self maar hier eers ´n paar fotos van hoe dit hier lyk en net ´n paar van die bouwerke wat mense opgerig het vir die fees.

Donnerstag, 1. September 2011
Vincent en Sebastian
Wat ´n groot vreugde, twee pragtige kleinseuns en met almal gaan dit goed en hulle is gesond.
Baie rede tot dankbaarheid. Hier ´n paar fotos vir die wat nog nie gesien het nie.
Maryna se geluk!
Wie is nou wie? Ek weet ook nie maar pragtig.
Papa Elliott met sy seuns
Baie rede tot dankbaarheid. Hier ´n paar fotos vir die wat nog nie gesien het nie.
Maryna se geluk!
Sebastian
VincentWie is nou wie? Ek weet ook nie maar pragtig.
Papa Elliott met sy seuns
Abonnieren
Posts (Atom)