Freitag, 18. November 2011

Kuier en wag in Engeland

In Engeland het ons gekuier en die hersfs geniet terwyl ons vir Amelie se koms gewag het.
Oupa, seun en kleinseun.
 Adrian word al 'n regte seuntjie, altyd vriendelik.
 Ouma sing Wielie Walie
 Concorde gaan kyk, 'n pragtige vliegtuig.
 Die herfs was pragtig.

Dienstag, 15. November 2011

Nog 'n kleinkind, hierdie keer PINK.

Alweer 'n pragtige kleinkind hierdie keer by Herman en Marda.
Dit is Amelie, 'n pragtige soet dogtertjie.
Lekker om Oupa en Ouma te wees. 
Baie fotos op Herman en Marda se Blog maar hier is sy ook.
 Dit was haar eerste glimlag.



Sonntag, 25. September 2011

Die tweeling

Wat ´n voorreg om tweeling kleinkinders te hê! Oupa en Ouma hoef nie eers beurte te maak om ´n klein wonderwerk vas te hou nie. Die seuntjies is pragtig, kerngesond en baie soet.
Daar is heelwat fotos op Maryna en Elliott se blog maar hier is ook ´n paar.












Donnerstag, 22. September 2011

Kaap en omgewing met Otto en Petro.

Ons kon darem nie heeldag met kleintjies op die arm sit nie en daarom het ons nog ´n paar lekker dae gehad om die natuur in die omgewing te geniet saam met Otto en Petro.
Veldblomme gaan kyk by Darling en Langebaan.





Sonskynweer op Kaappunt.



Sonntag, 11. September 2011

Bad Bentheim se Schützenfest

Dit was ´n groot belewenis om te sien hoe die hele stad se mense vir meer as ´n week saam feesvier. Dit was ´n heerlike atmosfeer, die normale bedrywighede het tot stilstand gekom en dit is vervang met optogte, orkeste en partytjies deur die nag. Tussendeur was daar twee rusdae sodat almal weer kon reg wees vir die volgende feeste. Daar was selfs optogte met honderde mense en orkeste tussen 2 en 3 uur in die nag om van die een feestent na die ander een te skuif. Dit was baie vrolik en sonder enige onaangename insidente.
Deur al die saamdoen ken nou baie meer mense mekaar en daar is ´n heerlike samehorigheids gevoel. Vir die volgende 5 jaar sal nog baie oor die fees gepraat word en dan is almal reg om dit weer te doen. Ek sien nou al uit daarna. Tot die volgende fees kom die verskillende groepe minstens een keer per jaar bymekaar om saam iets lekkers te doen.
Hier enkele fotos wat ek geneem het.







Samstag, 3. September 2011

Bentheim word versier vir die Schützenfest

Bad Bentheim se inwoners is nou al drie maande besig met beplanning en die versiering van die hele stad vir die Schutzenfest. Die stad is in 43 wyke verdeel en elke wyk is verantwoordelik vir sy deel om dit mooi te maak en iets besonders te bou vir die geleentheid. Die werkery saam is baie gesellig, almal ken nou mekaar en daar word saam geeet en gedrink tot laat. Nou is al die voorbereidings klaar en nou kan die regtige fees begin.
Dit word net een keer elke 6 jaar gehou en is ´n 400-jaar oue tradisie. Sal ´n volgende keer iets vertel oor die fees self maar hier eers ´n paar fotos van hoe dit hier lyk en net ´n paar van die bouwerke wat mense opgerig het vir die fees.











Donnerstag, 1. September 2011

Vincent en Sebastian

Wat ´n groot vreugde, twee pragtige kleinseuns en met almal gaan dit goed en hulle is gesond.
Baie rede tot dankbaarheid. Hier ´n paar fotos vir die wat nog nie gesien het nie.
Maryna se geluk!
 Sebastian
 Vincent
 Wie is nou wie? Ek weet ook nie maar pragtig.
Papa Elliott met sy seuns

Montag, 23. Mai 2011

Kort vakansie op die Kanariese eiland Fuerteventura

Omdat Herman en Marda nie op die vakansie kon gaan nie het ons besluit om dit oor te neem en ´n week lank heerlik ontspan op die eiland Fuerteventura.
Die weer was baie lekker warm en die eiland is baie interessant al lyk dit op sommige plekke soos ´n maanlandskap.
Dit was in ´n pragtige hotel met hierdie mooi uitsig uit ons kamer.

Die natuur op die eiland is baie interessant,
woestyn,

Wit strande,

Swart strande

Pragtige Rotse


´n baie styl en mooi kuslyn

 ´n Mooi eiland met baie sonskyn en genoeg wind vir kite vlieg.