Sonntag, 25. Januar 2009

Kuier in die Kaap

Na ´n week in Jongensfontein is ons eers weer terug Kaap toe om te kuier. Heelwat mense gesien maar nie altyd fotos geneem nie.
´n Hoogtepunt was die "Seen op die oes fees" by Schalk en José op Nagenoeg. Na die diens by die stampvol kerkie is ons almal opgelaai en het met trekkers gery deur die plaas se wingerde in die pragtige omgewing.



Daarna was dit tyd vir piekniek onder die bome in die mooi tuin met wyn en musiek. Baie bekendes raakgeloop en selfs geleer dat daar ook ander maniere is om sjampanje oop te maak.




Ons het ook by Fritz en Merinda in Blouberg gaan kuier met die mooiste uitsig op Tafelberg. Fritz het heerlike Kabeljou gebak en ons het gesmul.

Verder het ons baie tyd met Maryna en Elliott deurgebring en weer mooi plekke gaan opsoek.

Dienstag, 20. Januar 2009

Jongensfontein saam met Otto

Ons kon ´n groot deel van ons vakansie in Jongensfontein deurbring in Otto en Petro se strandhuis. Dit is ´n heerlike plek met ´n baie mooi uitsig.

Ons het lang ente lang die kus geloop en die rotse en sandstrand geniet.

Lekker gekuier en gesels met Otto en allerhande agterstallige werkies by die strandhuis gedoen saam met hom.


Daar was ook meer as genoeg wind en tyd om al my verskillende vlieers te vlieg tot my arms lam was.


Sonntag, 11. Januar 2009

Bloubergstrand met Maryna en Elliott

Ons het die vakansie begin saam met Maryna en Elliott en ´n heerlike somerdag op Bloubergstrand.

Die berg was pragtig!

Vir ´n wonder was die water in Tafelbaai gladnie koud nie en ons het selfs ´n paar keer geswem.Verder sommer net die sonskyn en strand geniet.


Donnerstag, 1. Januar 2009

Gelukkige Nuwe Jaar

Ons wens almal wat ons blog besoek ´n baie gelukkige en gesonde nuwe jaar.