Dienstag, 19. Mai 2009

Nog ´n paar tuin en omgewing fotos.

Ons het steeds heerlike weer, met al amper somertemperature in April en Mei. Die tuin en omgewing is ook al weer pragtig en so tussen al die werk deur maak ons darem ook af en toe tyd om dit te geniet.







Ons maak ´n draai in die noorde.



Montag, 11. Mai 2009

Kleinseuns kuier.

Marco en Thomas sou vir ´n week kom kuier gedurende die vakansie maar toe is dit so lekker vir almal dat dit sommer twee volle weke geword het.
Monica en Kobus het naderhand regtig begin verlang, oupa en ouma is baie besig gehou en die seuns het gespeel van vroeg tot laat.
Twee weke lank was dit hardloop om die huis, fietsry om die blok en verder, speelparkies, dieretuin, treinry en verder sommer net speel met karretjies, water, modder en alles wat lekker is.







Dan was daar ook weer die Ridderfees wat die seuns ook baie geniet het.