Mittwoch, 30. September 2009

Die maand September

Na ´n baie besige Augustus was dit eintlik redelik rustig in September.
Ons was ´n daggie in Düsseldorf langs die Ryn.

Ons was ´n week in Holland, aan die Noordsee, my nuwe vlieers uitprobeer, ´n paar mooi plekkies opgesoek en by die kinders ´n draai gemaak.

Noordsee by Egmont

Alkmaar

Hulle word so vinnig groot.

Terug in Bad Bentheim het ek gehelp met die plaaslike Bierfees en ons het natuurlik saam geniet van die heerlike koue bier.
Dit is ´n groot werk maar as alles klaar is lyk dit so en dan pas daar ongeveer 800 mense in die tent.

Saterdagaand was ons by die fees en Sondagmiddag weer saam met Tinus en Tineke.

Prost!

Montag, 7. September 2009

Nachbarschaft (Buurskap)

In ons omgewing bestaan die baie ou tradisie van "Nachbarschaft", ´n Duitse woord wat goeie buurskap beteken.
In ´n woonbuurt deel die mense hulleself op in groepies van so 5 tot 8 families wat dan saam ´n Nachbarschaft vorm. Ons doen dan bepaalde dinge saam, help mekaar soos nodig en vier saam fees as daar ´n geleentheid is.
My 60ste was natuurlik so ´n geleentheid maar die afgelope week was daar ´n troue van een van die bure se dogters en dan het ons baie werk.
Die huis van die bruid moet dan versier word en daarvoor bou die bure ´n "Bogen".
Lank voor die tyd kom die bure bymekaar om te beplan waar ons gaan werk en waar ons die bome kan kry. Die week voor die troue word dan die meeste werk gedoen.
Ons het 3 dennebome gekry by ´n boer in die omgewing en ons het hulle self gaan afsaag en die takke en pale huistoe gebring.
By elke geleentheid soos by die beplanning, die bome kap en die werkery word daar natuurlik ook saamgekuier met ´n biertjie of iets lekkers.
Die vrouens kom bymekaar om die blommetjies te maak en die mans moet die dennebome verwerk.
´n Paar dae voor die troue kom almal bymekaar om die Bogen op te sit
en die resultaat lyk dan so.

Ons was natuurlik ook genooi na die baie mooi troue, kompleet met perdekoets en ´n groot fees.


Dienstag, 1. September 2009

So moet ´n bier mos lyk.

Een van die baie lekker presente wat ek vir my verjaarsdag gekry het was ´n bierkraan.
´n Mens tap die heerlikste yskoue bier en so lyk die resultaat:
Mmmmmm.. Lekker!
Prost!