Freitag, 30. November 2007

Kleinseuns kuier alweer.

Ons het weer vir Marco en Thomas gaan haal om ´n paar dae by ons te kuier en om vir Kobus en Monica kans te gee om die babakamer reg te kry.
Dit was mooiweer en dan is ´n speelparkie altyd lekker.




In en om die huis is daar ook baie om te doen en daar is lekker gespeel met alles en nog wat.

Montag, 5. November 2007

Bad Bentheim Herfs

Omdat hierdie omgewing so baie bladwisselende woude het is die herfs hier iets besonders. Oorals waar ons ry of loop is die kleure pragtig en ´n mens sukkel om op te hou fotos maak want om elke draai is dit nog mooier. Dit sal egter nou gou verby wees want die volgende paar dae kry ons reen- en stormweer en dit sal die laaste blare van die bome laat val. Die winter is dus om die draai en die eerste sneeu is dalk ook nie meer ver nie.
Hier is ´n paar klein fototjies om ´n indruk te probeer gee maar die werklikheid is baie mooier.

Freitag, 2. November 2007

Nog kinders kuier

André en Angelika het ook vir die eerste keer kom kyk waar ons bly en ook lekker met die seuntjies gespeel. Hulle hou van Bad Bentheim en kan verstaan hoekom ons gekies het om hier te kom woon.
Dit was ook Angelika se verjaarsdag. Kobus en Monica het weer die kinders kom haal en ook ons woud kom geniet.