Mittwoch, 30. Dezember 2009

Voorspoedige Nuwe Jaar

Ons wens al die lesers van hierdie blog ´n gelukkige en gesonde Nuwe Jaar.


Sonntag, 27. Dezember 2009

´n Wit Kersfees met kleinkinders

Hierdie jaar het ons vir ´n verandering weer ´n wit kersfees gehad. Bad Bentheim het by hierdie geleentheid ´n nuwe toring gekry met houtsneefigure wat die Kerstoneel uitbeeld en stadig in die rondte draai.


Met die kleinseuns het ons gaan slee ry teen die bult by die kasteel. Hulle het dit vreeslik geniet en vir oupa moeg gespeel.
 
 Af is heerlik maar op is harde werk teen die gladde stylte.
 
 By die huis kon die kinders elke dag ´n sakkie van die Adventskalender oopmaak vir iets lekkers.
 
 
 


Toe die sneeuman bou nie wou werk met die poeiersneeu nie, het ons maar besluit om ´n sneeuberg te bou.

Die seuns het fluks gehelp.

Michelle het meestal binne gespeel

maar sy moes darem ook ´n rukkie voel hoe is dit in die sneeu

Sonntag, 13. Dezember 2009

Sinterklaas in Nederland

Begin Desember kom Sinterklaas na Nederland en vir die kinders een van die hoogtepunte van die jaar. Sint en die Swart Piete is oorals en Oupa en Ouma was ook daar toe Sint die skool besoek het.