Montag, 31. Dezember 2007

Dit is ´n meisie!

Nog net voor die einde van die jaar het Kobus en Monica se baba gekom.

Dit is ´n pragtige gesonde dogtertjie met die naam Michelle.


Later meer maar hier is ´n eerste fototjie.

Kersfees 2007

Ons eerste Kersfees in Bad Bentheim en hierdie jaar is daar gelukkig weer ´n paar kinders by die huis. Maryna het vir ´n hele maand kom kuier uit Suid Afrika en André en Angelika het vanaf München gekom vir die week om Kersfees.

Monica en Kobus wag nog vir die baba in Nederland en Herman en Marda wag vir die Visum in London.

Daar was weer baie geskenke onder die boom en heerlike eetgoed was daar ook genoeg.
En op Kersdag was daar weer ´n feesmaal en ons het baie om oor dankbaar te wees.

Montag, 24. Dezember 2007

Geseende Kersfees.

Aan almal wat ons ken en ons blog besoek wil ons ´n baie geseende Kersfees toewens.

Mag julle almal deel in die vreugde en vrede van Kersfees.

Dit is koud!

Die winter het toe tog nog na Bad Bentheim en omgewing gekom en ´n paar dae lank was dit bitterkoud. Ons het selfs ´n bietjie sneeu gekry maar dit het na drie dae ook weer gesmelt en ´n wit Kersfees sal ons hierdie jaar nie kry nie.
Ons het ´n draai in Holland gemaak en kon op die kanale loop wat toegevries was, lekker opwindend vir die kleintjies.

Dienstag, 4. Dezember 2007

Die Kersfeesmaand begin.

Desember is koud en die dae is kort maar daar is baie atmosfeer en as die Kersfeesmarkte begin is daar altyd iets om te doen.
Ons was al by ´n paar Kersmusiek konserte, en die een was in ´n ou kerk hier naby met ´n koor van 90 lede en die Poolse staats symfonie orkes. Nie net die koue gee hoendervleis nie, maar ook die mooi musiek. En sovêr is die winter hier in Bad Bentheim nie baie koud nie.

Fred en Annabell uit München het kom kuier en ons het hulle die omgewing gewys en ´n Kersfeesmark besoek.

Bo op die kerktoring van Schüttorf: