Sonntag, 9. August 2009

Ons vier fees

Saterdagaand het ons my verjaarsdag gevier. Ons het almal by ons huis bymekaargekom vir ´n drankie en ´n lekker happie (Dankie Gela). Ons het amper al die 40 gaste op die foto gekry.


Daarna het ons almal saam gestap na die hotel waar ons dit gevier het.


Heerlik geeet, baie pret gehad en gesels en gedans tot laatnag!




Donnerstag, 6. August 2009

Ek word 60

Dit was baie lekker om te verjaar en ons is baie dankbaar vir gesondheid en voorspoed.
Gelukkig voel ek nie so oud as ek lyk nie.
Die lekkerste van om 60 te word is dat al die kinders en kleinkinders huistoe kom. Dit was heerlik om hulle almal hier te hê onder een dak en hulle het my baie bederf met goeie wense en groot presente.


Dit was ook lekker dat Lien en Jan hier kon wees en ´n pragtige boek met baie mooi herinneringe namens die familie te oorhandig.
En ons kon ´n mooi familiefoto maak. Dankie Monica.


Ja en nog ´n geheimpie het uitgelek, ek het ´n nuwe girlfriend. Sien verder ondertoe:


















Dankie vir hierdie foto Maryna.

Dienstag, 4. August 2009

Maryna en Elliott kuier

Maryna en Elliott het ´n lekker vakansie in Europa gehou en ´n week voor my verjaarsdag ook by ons hier in Bad Bentheim kom kuier.
Ons het sommer ´n paar lekker rustige dae saam gehad en ´n paar mooi plekkies in die omgewing ook gaan kyk. Dit was Elliott se eerste kuier by ons en dit was baie lekker vir ons almal.



Etrese het dit baie geniet om ´n paar dae met Maryna te wees.