Dienstag, 24. Februar 2009

Laaste stukkie vakansie en kuier

Ons laaste tydjie by die see was weer baie lekker en ons het die son en see geniet.

Maryna en Elliott het kom kuier vir ´n naweek en was Valentinesdag by ons.

Danksy Etrese het al Jongensfontein se hartjie klippe al op ons stoep gelê.

Die laaste naweek was ons weer in die Kaap vir ´n kuier hier en daar en daarna die oppak en vertrek terug na die koue noorde.

Dienstag, 10. Februar 2009

Die lang pad.

Van Jongensfontein oor Bloemfontein na Pretoria en terug is nogal baie rywerk.
Alles het goed gegaan en ons het ´n mooi pad gehad met hier en daar heel verrassende padgebruikers.

Veral die stuk deur Meiringspoort was baie mooi om te ry.


Montag, 9. Februar 2009

Kuier in die binneland

Begin Februarie het ons die seevankansie onderbreek en in Bloemfontein en Pretoria gaan kuier. Ons het al die familie en vriende opgesoek maar ongelukkig nie altyd onthou om fotos te neem nie.
Aan almal dankie vir die gesels en bederf. Dit was lekker om julle almal te kon sien.
Hier ´n paar fotos van toe ons onthou het om te neem.
Lekker eet by Pauline en Armin, ons amper nuwe familie.

By Len en Ria om die kampvuur.



By Johan en Melinda na ´n heerlike gesels en eet middag.

By Emmie in haar nuwe tuin en pragtige huis by Sewe Damme.
By Jan en Wilna, hierdie was die ontbyt, die aandete was te groot om af te neem en heerlik!
By Lalie en haar agterkleinkind Leonie.




Montag, 2. Februar 2009

Weer Jongensfontein en Stilbaai

Na die kuier in die Kaap is ons twee weer see toe en het heerlik ontspan met mooi weer.

Elke dag op die strand en rotse rondgeloop, snoek en braaivleis geeet en regtig lekker uitgerus.





Ons het ook Stilbaai se strand gaan verken met sy mooi sandstrand en lagoon.


Ek was ´n dag saam met Fritz op sy boot om te gaan visvang en toe vang ek sowaar ook ´n paar lekker visse. Dit was ´n lekker dag al was ek bietjie seesiek.