Die omgewing waar ons nou bly is ideaal vir fietsry. Daar is baie fietspaaie en die mooi redelike plat omgewing maak dit 'n plesier.
Sonntag, 18. Mai 2008
Montag, 12. Mai 2008
Nog 'n lekker naweek met familie Smit
Ons het weer lekker saam met Monica, Kobus en kinders gekuier die laaste 2 naweke, toe hulle die kinders gebring en weer kom haal het.
Die lekker somerweer het ons laat braai, ons het geswem by 'n plaaslike meer en sommer net buite geboer.
Familie Smit op die strand
Die water is nog maar koel maar vir die seuns geen probleem.
Ky hoe mooi pas hulle bymakaar.
Alweer 'n foto, net so erg soos die Japanese!
Op gesondheid.

Freitag, 9. Mai 2008
'n Paar blomme uit ons tuin.
Ons week met die kleinseuns
Ons het 'n heerlike week met die kleinseuns gehad.
Kobus en Monica het hulle die lang naweek met hemelvaart gebring en 'n week later weer kom haal.
Gelukkig is die seuns baie gretig om by ons te kom kuier en hulle geniet dit om dinge saam met ons te doen. Die dag begin vroeg en so tussen ses en sewe klim hulle by ons in die bed en dan gaan dit volstoom deur die dag.
Ons het baie dinge gedoen en natuurlik is 'n speelparkie altyd gewild, ons was ook by die dieretuin, lekker dinge gedoen in die woud en verder ook vreeslik baie sommer net om die huis gespeel, modder ingesluit.
Oupa is maar te bly oor die hulp met die braaivleis.
Ouma vat hulle op 'n spannende wandeling in die donker woud in.
Kobus en Monica het hulle die lang naweek met hemelvaart gebring en 'n week later weer kom haal.
Gelukkig is die seuns baie gretig om by ons te kom kuier en hulle geniet dit om dinge saam met ons te doen. Die dag begin vroeg en so tussen ses en sewe klim hulle by ons in die bed en dan gaan dit volstoom deur die dag.
Ons het baie dinge gedoen en natuurlik is 'n speelparkie altyd gewild, ons was ook by die dieretuin, lekker dinge gedoen in die woud en verder ook vreeslik baie sommer net om die huis gespeel, modder ingesluit.
Oupa is maar te bly oor die hulp met die braaivleis.
Ouma vat hulle op 'n spannende wandeling in die donker woud in.Sonntag, 4. Mai 2008
Die ridders besoek Bad Bentheim
Een keer per jaar besoek die ridders die kasteel by Bad Bentheim en daar is daar 'n ridder toernooi met baie om te sien en te doen.
Ons het dit almal baie geniet want vir ons was dit ook 'n eerste keer maar veral Marco was beindruk met die perde en ruiters.

.jpg)
Die lekker weer van die laaste tyd help natuurlik ook dat uitstappies met die kinders makliker is.
Thomas het verkies om liewer by sy pa of oupa te sit, hy was maar skrikkerig vir die groot perde en al die aksie. Nee dit is nie regtig my hare wat brand nie, dit is gelukkig net 'n fakkel in die agtergrond.
Die aandvertoning is met 'n groot vuurwerkvertoning afgesluit.

Abonnieren
Posts (Atom)
c.jpg)
c.jpg)

c.jpg)