Freitag, 29. Oktober 2010

´n Daggie in Nederland

In Nederland is daar baie interessante en mooi plekkies om te besoek. Ons was in die herfs in die dorpies Giethoorn en Staphorst saam met Tinus en Tineke.
Giethoorn is bekend vir die pragtige kanale tussen die huise.



Staphorst is ´n baie tradisionele dorpie waar baie van die huise so lyk en die mense nog tradisioneel aangetrek is. Veral is dit baie skoon en netjies en die mense is baie vriendelik.