Samstag, 9. Januar 2010

Andrè en Gela

Op 9 Januarie, presies 39 jaar na ons eie troudag is Andrè en Gela in Pretoria getroud. Hulle het baie mooi gelyk. Die troue was heerlik en alles het goed afgeloop. Ons is bly om Gela as dogter by te kry en hoop hulle sal baie gelukkig wees.

Vir nog baie meer fotos van hulle groot dag gaan kyk gerus op hulle blog. http://andre-gela.blogspot.com/

Donnerstag, 7. Januar 2010

Ons jaar het baie koud begin.

Hierdie jaar is dit weer regtig winter in Europa.
Kersfees met sneeu, Nuwe Jaar met sneeu en dit hou nog steeds aan.
So lyk ons tuin, moeilik om te glo dat hier oor 'n paar maande alles vol blomme is.
 
  
Gelukkig was die winter vir ons maar kort en ons geniet nou die warmte en sonskyn by die see.