Montag, 27. Juli 2009

Michelle en die seuns kuier by Ouma en Oupa

Dit is weer vakansietyd en die kleinkinders kom kuier by ons. Hierdie keer is Michelle ook saam en vir die eerste keer ´n week weg van mamma en pappa. Wonder wat sy alles daarvan dink.
Maar al baie gou was dit pret en plesier vir almal. Ons het haar veral baie geniet en sy was die hele week gelukkig en tevrede om by ons te wees.
Haar boeties het lekker saamgespeel.
En wat is nou lekkerder as sand en water op ´n mooi dag

Hierdie is by ´n meer ongeveer 10km van ons huis af


Geen wonder ouma se rug is nou seer nie
As Michelle se hare so krul is daar seker maar reen op pad
´n Regte meisiekind
en eiewys ook
Die seuns geniet Lego, speelparke en fietsry

en Michelle het geleer stap die week!

Samstag, 18. Juli 2009

Die seuns se eerste resies by Zandvoort.

Saam met Kobus en die seuns was ons ´n dag by die renbaan in Zandvoort want die seuns, veral Marco, is mal oor alles wat vinnig is.
´n Lekker dag met baie lawaai!



Dienstag, 14. Juli 2009

Weer ´n slag in München

Na meer as ´n jaar het ons uiteindelik weer ´n slag in München gaan kuier. Ons het gaan kyk waar Angelika en André nou woon, baie lekker sentraal en naby die rivier. Verder het ons lekker rondgeloop en ou vriende en kollegas opgesoek. München bly maar mooi.
Biertuin en blaasmusiek onder die bome.
Langs die Isar naby waar Angelika en Andre woon.
Lekker om mekaar weer te sien.