Sonntag, 22. Juni 2008
Len en Ria kuier
Len en Ria het vir ons kom kuier vir byna 'n week
Ons het land en sand gesels en die hele wêreld se probleme opgelos.
Dienstag, 10. Juni 2008
Kleinkinders in die somer
Dis heerlike somer en die seuns is weer hier vir 'n kort kuier.
Ouma en die seuns jaag mekaar om die sproeier
Die swembad help ook om af te koel
En om 'n stad te bou met regte grond en modder en allerhande goed wat mens in die hande kan kry is heerlik.
En om te dink sy sal ook nog eendag in die modder wil speel!
Ouma en die seuns jaag mekaar om die sproeier
Montag, 2. Juni 2008
Ons kuier in München
Die tyd vlieg verby en nou na byna 'n jaar was ons weer vir die eerste keer in München. Die stad, die omgewing en die mooi natuur het ons geniet maar ons is tog bly dat ons nou op die platteland woon.
Ons het vir die tyd by Angelika en André gewoon en hulle het ons lekker bederf. Ons het heerlik geeet,
en gedrink,
en die biertuine was elke keer weer lekker om met vriende te kuier.
Naby waar André hulle bly is ook baie om te doen, met woude en mere en lekker eetplekke.

Hierdie is nie een of ander tropiese eiland nie, dit is aan die Starnberg meer by Tutzing.
Hierdie is nie een of ander tropiese eiland nie, dit is aan die Starnberg meer by Tutzing.
Abonnieren
Posts (Atom)