Sonntag, 30. September 2007

Tonnel probleme

Al die baie werk, wat ek natuurlik nie meer gewoond was nie, het by my weer ´n ou probleem na vore gebring. ´n Senuwee wat in my pols vasgeknyp word en wat veral snags baie pynlik kan wees.
Ek het die sogenaamde Carpal Tunnel sindroom en die gevolg was ´n operasie aan my regterhand en nou staan my werk eers stil. Ek het gehoop om baie gou te herstel maar dit lyk of dit in my geval tog langer gaan duur en wat veral pla is dat ´n deel van my hand voel of dit slaap en baie dik is. Dit kan ´n paar weke duur voor dit hopelik weer beter is en in die tussentyd is my regterhand maar baie dom.

3 Kommentare:

Anonym hat gesagt…

Hey julle blog lyk mooi met al die foto's. Hoop dit gaan gou beter met pa se hand. Sien julle einde Oktober vir 'n kuier.

Kobus hat gesagt…

Aag siestog... arme oupa Piet. Gelukkig lyk die fotos op die blog darem mooi... seker met die linkerhand geneem?

Anonym hat gesagt…

Ons hoop Pa se hand word binnekort beter. Die blog is baie mooi en ek moet se Pa mag maar fotos neem! mis julle - ons gaan so gou as moontlik week kom kuier! Herman en Marda