Montag, 8. Oktober 2007

Herfs is paddastoel tyd

Die dae raak korter, die nagte kouer en in die woude is dit nou paddastoel tyd. Baie mense wat die verskillende soorte ken gaan soek paddastoele om te eet maar elke jaar weer is daar mense wat hulle misgis en dan by die dood omdraai as hulle gelukkig is.

Ons vat nie kanse nie en as ons lus is vir paddastoele koop ons dit in die groentewinkel. Ons hou wel daarvan om hulle te soek en ´n paar spesiale paddastoele af te neem. Hier is ´n paar voorbeelde van hoe dit lyk, veral die rooies met die kabouters is glo baie giftig.

5 Kommentare:

CyberMonica hat gesagt…

Hi Pa & Ma! Dit is regtig 'n pragtige blog. Ek is bly julle het daarmee begin. Ek sal vannaand die foto's van die paddestoele vir Thomas & Marco wys - hulle sal baie beindruk wees. Ek hoop daar is nog mooi paddestoel wanneer hulle oor 1,5 weke by julle kom "logeer".
Lekker dag almal! Monica

oh!miam hat gesagt…

Coooool! Dis baie oulik en lekker om julle te kan dophou :) Lekker dag verder!

Liefde
Maryna

Kobus hat gesagt…

hmmm... die rooies lyk die lekkerste...

Anonym hat gesagt…

Mooi Mna,
Dit is soos sus Petriana sou se!Dit lyk na 'n pragtige dorpie en hopelik sal ons ook een of ander tyd kan aftree en dan kom kyk. Die probleem is om visa te bekom. Wel, groete van it Misty waar daar agt walvisse vir ons al die naweek 'n vertoning gee! (nee Piet, dit is nie bewegende rotse nie)

Groete uit 'n nat Misty Cliffs

Anonym hat gesagt…

Hallo Piet en Etrese
Dit is lekker om nuus oor julle soos 'n dagboek te lees en te sien.
Ek sal gereeld kyk en probeer kommentaar lewer. Hier gaan dit baie goed na die lekker lentereens sover. Ek het hierdie week vir die eerste keer die seisoen gras gesny.
Ek hoop jou hand kom gou reg, Piet. Baie groete, Fia