Dit was baie lekker om te verjaar en ons is baie dankbaar vir gesondheid en voorspoed.
Gelukkig voel ek nie so oud as ek lyk nie.
Die lekkerste van om 60 te word is dat al die kinders en kleinkinders huistoe kom. Dit was heerlik om hulle almal hier te hê onder een dak en hulle het my baie bederf met goeie wense en groot presente.

Dit was ook lekker dat Lien en Jan hier kon wees en ´n pragtige boek met baie mooi herinneringe namens die familie te oorhandig.
En ons kon ´n mooi familiefoto maak. Dankie Monica.

Ja en nog ´n geheimpie het uitgelek, ek het ´n nuwe girlfriend. Sien verder ondertoe:

Dankie vir hierdie foto Maryna.
Keine Kommentare:
Kommentar veröffentlichen