Dit was ´n groot belewenis om te sien hoe die hele stad se mense vir meer as ´n week saam feesvier. Dit was ´n heerlike atmosfeer, die normale bedrywighede het tot stilstand gekom en dit is vervang met optogte, orkeste en partytjies deur die nag. Tussendeur was daar twee rusdae sodat almal weer kon reg wees vir die volgende feeste. Daar was selfs optogte met honderde mense en orkeste tussen 2 en 3 uur in die nag om van die een feestent na die ander een te skuif. Dit was baie vrolik en sonder enige onaangename insidente.
Deur al die saamdoen ken nou baie meer mense mekaar en daar is ´n heerlike samehorigheids gevoel. Vir die volgende 5 jaar sal nog baie oor die fees gepraat word en dan is almal reg om dit weer te doen. Ek sien nou al uit daarna. Tot die volgende fees kom die verskillende groepe minstens een keer per jaar bymekaar om saam iets lekkers te doen.
Hier enkele fotos wat ek geneem het.

Keine Kommentare:
Kommentar veröffentlichen