Freitag, 15. Februar 2008

Lente al in Februarie?

Die verskil tussen Bad Bentheim en München is dat die winters hier nie so baie koud is nie, ons het tot dusver nog net eenkeer ´n klein bietjie sneeu gehad en nou in Februarie lyk dit of die lente al wil begin kop uitsteek.
In ons tuin is baie sneeuklokkies, krokusse en ook al die eerste affodille.
Maar nee, dit is nog nie regtig lente nie en die afgelope paar nagte is dit weer baie koud tot -7°C maar lekker sonskyn dae.

Ons was ook weer by die kinders in Nootdorp en met die mooi sonnige weer kon ons lekker uitstappies doen met die kinders. Ons was in Voorburg met die trein want treinry is altyd opwindend vir die kinders.
En Sondag het ons lekker gaan stap en fietsry met die kinders na die plas naby hulle huis.
Michelle lyk te pragtig met ouma se brei- en hekelwerk.

Keine Kommentare: