Kobus en Monica het hulle die lang naweek met hemelvaart gebring en 'n week later weer kom haal.
Gelukkig is die seuns baie gretig om by ons te kom kuier en hulle geniet dit om dinge saam met ons te doen. Die dag begin vroeg en so tussen ses en sewe klim hulle by ons in die bed en dan gaan dit volstoom deur die dag.
Ons het baie dinge gedoen en natuurlik is 'n speelparkie altyd gewild, ons was ook by die dieretuin, lekker dinge gedoen in die woud en verder ook vreeslik baie sommer net om die huis gespeel, modder ingesluit.
Oupa is maar te bly oor die hulp met die braaivleis.
Ouma vat hulle op 'n spannende wandeling in die donker woud in.c.jpg)
c.jpg)

c.jpg)


Keine Kommentare:
Kommentar veröffentlichen