Sonntag, 4. Mai 2008

Die ridders besoek Bad Bentheim

Een keer per jaar besoek die ridders die kasteel by Bad Bentheim en daar is daar 'n ridder toernooi met baie om te sien en te doen.
Ons het dit almal baie geniet want vir ons was dit ook 'n eerste keer maar veral Marco was beindruk met die perde en ruiters.


Die lekker weer van die laaste tyd help natuurlik ook dat uitstappies met die kinders makliker is.
Thomas het verkies om liewer by sy pa of oupa te sit, hy was maar skrikkerig vir die groot perde en al die aksie. Nee dit is nie regtig my hare wat brand nie, dit is gelukkig net 'n fakkel in die agtergrond.
Die aandvertoning is met 'n groot vuurwerkvertoning afgesluit.

Keine Kommentare: