Vir almal wat vêr is gee ons hiermee ´n kykie in ons lewe hier in Bad Bentheim.
Montag, 2. Februar 2009
Weer Jongensfontein en Stilbaai
Na die kuier in die Kaap is ons twee weer see toe en het heerlik ontspan met mooi weer.
Elke dag op die strand en rotse rondgeloop, snoek en braaivleis geeet en regtig lekker uitgerus.
Ons het ook Stilbaai se strand gaan verken met sy mooi sandstrand en lagoon.
Ek was ´n dag saam met Fritz op sy boot om te gaan visvang en toe vang ek sowaar ook ´n paar lekker visse. Dit was ´n lekker dag al was ek bietjie seesiek.
Die meeste fotos, veral die meer onlangse, kan vergroot word deur daarop te kliek. Gebruik die Archiv hieronder om ´n spesifieke maand se fotos te bekyk.
Keine Kommentare:
Kommentar veröffentlichen