Dienstag, 14. April 2009

Lentetyd is blommetyd

Ons het terug gekom toe die winter so amper verby was.
Die eerste sneeuklokkies was al uit daarna het die krokusse gekom
en nou is dit blomme oorals en te veel om op te noem.
Die weer is heerlik warm en dit was lekker om die kinders hier te hê vir ´n dag of wat gedurende die paasnaweek.
Ons was ook almal saam na Efteling, ´n soort Disneyworld in Holland.
http://www.efteling.com/



Op Paassondagaand is oorals vure aangesteek, ´n ou Katolieke gebruik om die einde van die vastyd te vier.

1 Kommentar:

Anonym hat gesagt…

Ek is bly julle lente is nou daar.. ek gun julle elke bietjie sonskyn en hopelik is dit 'n warm somer!!
Baie Liefde
Maryna