Ons was ´n daggie in Düsseldorf langs die Ryn.
Ons was ´n week in Holland, aan die Noordsee, my nuwe vlieers uitprobeer, ´n paar mooi plekkies opgesoek en by die kinders ´n draai gemaak.
Noordsee by Egmont
Alkmaar
Hulle word so vinnig groot.Terug in Bad Bentheim het ek gehelp met die plaaslike Bierfees en ons het natuurlik saam geniet van die heerlike koue bier.
Dit is ´n groot werk maar as alles klaar is lyk dit so en dan pas daar ongeveer 800 mense in die tent.
Saterdagaand was ons by die fees en Sondagmiddag weer saam met Tinus en Tineke.
Prost!
Keine Kommentare:
Kommentar veröffentlichen