Sonntag, 14. März 2010

Ons Laaaang Vakansie in SA

Ons het 'n lekker lang vakansie in SA gehad en dit terwyl almal hier in Europa 'n ekstra koue winter gehad het.
 Na die heerlike troue en al die lekker kuiers in Pretoria en omgewing is ons met die lang pad af Kaap toe oor Bloemfontein. Ons het goed gery en die natuur geniet.

Omdat ons so baie tyd gehad het, kon ons 'n stuk van die pad met 'n donkiekar ry.
Die see was so mooi soos altyd en hierdie was ons uitsig vir die tyd.
Ons het lekker rondgeloop, klippe gesoek, kite gevlieg en sommer net lekker gerus.
Ons het ook 'n bietjie rondgery in die omgewing en mooi plekke opgesoek.
En dan was daar ook nog Tafelberg, mooi soos altyd!
Hierdie slang het ons pad gekruis, wonder watter soort dit is, lyk in elk geval gevaarlik.
Gelukkig kon ons ook heelwat tyd met Maryna en Elliott deurbring en hulle het ook in Jongesfontein kom kuier.
Pure vakansie
Op pad terug van die see was ons ook nog 'n dag by Allemanskraaldam in die Vrystaat.
Lekker gebly en hierdie pragtige wolke gesien.

En dit alles terwyl dit so gelyk het by ons huis in Bad Bentheim.

Keine Kommentare: