Samstag, 3. September 2011

Bentheim word versier vir die Schützenfest

Bad Bentheim se inwoners is nou al drie maande besig met beplanning en die versiering van die hele stad vir die Schutzenfest. Die stad is in 43 wyke verdeel en elke wyk is verantwoordelik vir sy deel om dit mooi te maak en iets besonders te bou vir die geleentheid. Die werkery saam is baie gesellig, almal ken nou mekaar en daar word saam geeet en gedrink tot laat. Nou is al die voorbereidings klaar en nou kan die regtige fees begin.
Dit word net een keer elke 6 jaar gehou en is ´n 400-jaar oue tradisie. Sal ´n volgende keer iets vertel oor die fees self maar hier eers ´n paar fotos van hoe dit hier lyk en net ´n paar van die bouwerke wat mense opgerig het vir die fees.











1 Kommentar:

Anonym hat gesagt…

Hello, dit is ongelooglik mooi, ek kan nie glo hoe baie werk julle ingesit het nie!! Wens ons was daar om saam fees te vier! ~m~