Montag, 5. November 2007

Bad Bentheim Herfs

Omdat hierdie omgewing so baie bladwisselende woude het is die herfs hier iets besonders. Oorals waar ons ry of loop is die kleure pragtig en ´n mens sukkel om op te hou fotos maak want om elke draai is dit nog mooier. Dit sal egter nou gou verby wees want die volgende paar dae kry ons reen- en stormweer en dit sal die laaste blare van die bome laat val. Die winter is dus om die draai en die eerste sneeu is dalk ook nie meer ver nie.
Hier is ´n paar klein fototjies om ´n indruk te probeer gee maar die werklikheid is baie mooier.

2 Kommentare:

Chris hat gesagt…

Dat plaatsje ken ik, maar dat taaltje wat erbij geschreven staat....is dat fries of groninger Taal?
Groetjes uit bad bentheim

Anonym hat gesagt…

Hallo Chris,
Die taal kom van veel verder weg naamlik uit Suid-Afrika.
Die naam van die taal is Afrikaans en word gepraat deur ´n groot deel van die bevolking aldaar. Die moeilike en selfs gevaarlike toestande in Suid-Afrika as gevolg van kriminaliteit en dikriminasie teen die inwoners van Europese afstamming het tot gevolg dat daar nou al ongeveer 1 000 000 Suid-Afrikaners (vlugtelinge) in die buiteland woon.