Montag, 24. März 2008

Kinders kuier vir die Paasnaweek

Dit was 'n mooi Paasnaweek want al ons kinders wat in Europa woon kon vir ons kom kuier en dit was die eerste regtige toetslopie vir die Buter gastehuis.
Alles het baie goed gewerk, al elf het lekker geslaap en die kos was heerlik. Daar is gesels en gespeel en gekuier tot laat in die aand.
Die weer het ook op Sondag saamgespeel en die kinders kon paaseiers soek al was dit met 'n jas aan.
Almal wou natuurlik ook 'n beurt hê om vir Michelle vas te hou.

Keine Kommentare: