Freitag, 14. März 2008

Vakansie Egipte (1)

Ons het ´n heerlike vakansie in Egipte gehad, vreeslik baie gesien en gedoen.
Ook die lekker warm weer het ons geniet na die winter hier in Bad Bentheim.

Die hele toer was twee weke en het in Kairo begin en geeindig.

Daar is so baie indrukke en fotos en ´n blog kan nooit ´n geheel indruk gee nie.

Die verskeidenheid van geskiedenis, kultuur, en natuur was oorweldigend.

Hier ´n paar fotos van die eerste deel van die reis.

Kairo, 'n megastad met ongeveer 18miljoen inwoners.
Alexandria aan die Middellandse See:


Die mense was oorals baie vriendelik en die kinders heet jou welkom in Egipte.

Tempels en geskiedenis by Aswan en Luxor

Die Nyl as lewensaar van Egipte in 'n land waar woestein 'n groot deel van die land uitmaak.

Keine Kommentare: