Montag, 11. Mai 2009

Kleinseuns kuier.

Marco en Thomas sou vir ´n week kom kuier gedurende die vakansie maar toe is dit so lekker vir almal dat dit sommer twee volle weke geword het.
Monica en Kobus het naderhand regtig begin verlang, oupa en ouma is baie besig gehou en die seuns het gespeel van vroeg tot laat.
Twee weke lank was dit hardloop om die huis, fietsry om die blok en verder, speelparkies, dieretuin, treinry en verder sommer net speel met karretjies, water, modder en alles wat lekker is.







Dan was daar ook weer die Ridderfees wat die seuns ook baie geniet het.


1 Kommentar:

oh!miam hat gesagt…

Shoo.. maar die seuns word vinnig groot. Lyk of hulle al te lekker by ouma en oupa kuier!!